Op Die Pad Na Nooitgedacht

Koos Du Plessis

Intro e|----------0-----------------------------------| B|----------2-----------------------------------| G|----------2-----------------------------------| D|----------2-----------------------------------| A|--------0-0-----------------------------------| E|-0-2--4---------------------------------------| Op 'n donker aand diep in Juliemaand op die pad na Nooitgedacht waar drie rotse staan teen die sekelmaan het ek lank gewag die nag. Want 'n skurk vanouds het 'n sak vol goud daar begrawe langs die pad en elke donker aand met die sekelmaan kom hy terug en soek sy skat. In die verte hoor ek vier hoewe soos 'n hartpols diep in die nag. Dis of die duiwel hom jaag want die maan sit al laag op die pad na Nooitgedacht. Dis of die duiwel hom jaag want die maan sit al laag op die pad na Nooitgedacht. Verse By die spookklippe naby Nooitgedacht so't die mense my vertel kan geen man dit waag op 'n donker nag hy begeef hom in die hel. Maar ek het vas gestaan en gese ek gaan Man alleen een donker nag. Ek het myself gestaal en my perd laat haal maar ek het so iets nooit verwag. Want die vuurvonke spat uit sy hoewe en tien vlamtonge speel in die nag en die ruiter le plat want sy perd ken die pad na die skat van Nooitgedacht. Verse Ek het te veel gesien en ek dog miskien is die beste plek die huis. Want ek ken gevaar maar ek trap onklaar en ek wens ek was al tuis. Maar die huis is ver en die morester hang spookagtig oor die veld. Dis geen plek vir my ek wil liewer ry gee die kerel maar sy geld. Maar die hoefslae dreun in my ore en 'n skim skiet stil uit sy saal en die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad want hy kom om sy skatte te haal. Verse Maar die burgers gun hom geen rus nie soos 'n veldbrand kom hulle aan. En die Mauservuur dreun en looddruppels reen en ek dog die einde breek aan. Maar twee kole gloei in sy oe met een haal is hy weer in die saal en sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug want hy weet die dood kom hom haal. Op 'n donker aand diep in Juliemaand op die pad na Nooitgedacht waar drie rotse staan teen die sekelmaan het ek lank bly le die nag. En ek weet geeneen sal my glo nie. Dit klink alles so gek in die dag... Maar wees elkeen wat lag eenmaal daar in die nag op die pad na Nooitgedacht.

Watch the song video
Top songs from Koos Du Plessis
Playground Sessions Course Banner
Did you ever dreamed on playing piano?

Playground Sessions is a revolutionary new way to learn music and play the piano. No more boring courses. The adaptive videos automatically adjust to your skill level. Plus, you’ll receive regular feedback on your progress each week, plus a personal training plan from a professional piano teacher.

Start to play the piano instantly - and have fun doing it!